Bevrugting Van Weivelde

© Wald1siedel

Bevrugting van weiding is belangrik, sowel by die aanplant stadium en ook later met  die handhawing van weiding. Die doel met die bevrugtiging van weiding is om te verseker dat 'n weiveld die voedingstowwe bevat wat nodig is vir diereproduksie en om genoeg droë materiaal vir die voeding van vee te produseer. 

Volgens Agroecology (die toepassing van ekologie tot landbou) beginsels, is die voeding van die grond meer belangrik as die voeding van die oes. Daarom moet die beginpunt om 'n bemestingsprogram in werking te stel, en ʼn behoorlike grondontleding om grondeienskappe en voedingstekorte se vergrype te bepaal gedoen word.

Grond pH en Voedingstowwe se Beskikbaarheid

Die pH balans-skaal gaan van 0-14 met pH 7 as die neutrale punt. Onder pH 7 is dit suur en bo pH 7 is dit alkalies. Die hoofdoel met die regstelling van die grond se pH balans is om die grondsuurheid reg te stel omdat die grond se pH balans ʼn rol speel in die beskikbaarheid van voedingstof in die grond. 

Die toevoeging van landboukalk verskaf die nodige voedingstowwe soos kalsium en magnesium, verminder die giftige aluminium vlakke  en verhooog die beskikbaarheid van fosfor (P) in die grond. In suurgrond wat se pH balans laer is as 6, is die beskikbaarheid van plant-oplosbare stikstof stadig. Die beskikbaarheid van mikrovoedingstowwe soos mangaan (Mn), yster (Fe), koper (Cu), sink (Zn) en boor (B) is geneig om te daal as die grond se pH verhoog met ander woorde  wanneer die grond alkaliese raak. 

Grasse en peulgewasse is verskillend in hul pH toleransie vir grond. Grasse kan lae pH balans duld, maar as daar 'n kalsium (Ca) of magnesium (Mg) tekort is, is dit nodig om die grond te bekalk. Peulgewasse vereis matige suur om grond te neutraliseer en 'n goeie opbrengs te lewer, en vir die ontwikkeling van Rhizobium bakterieë wat 'n integrale deel van die stikstofbindende proses van peulplante in die grond is. Die toepassing van landboukalk kan wissel tussen kalsitiese of dolomitiese kalk en sal afhang watter een tekortkom. 

Die grond se pH balans is geneig om te daal (versuur) wanneer-ammonium gebaseerde kunsmis gebruik word of wanneer 'n hoë persentasie van peulplante aangeplant word.

Fosfor

Fosfaat vereistes vir grasweidings word dikwels onderskat en alhoewel grasweidings kan oorleef op lae vlakke van Fosfor (P), sal die opbrengs van die weiding  onder die potensiaal wees. 

As gevolg van die interaksie tussen stikstof en fosfor, raak fosfor  meer belangrik sodra stikstof aan die weiding toegedien word. Fosfor is baie belangrik vir 'n suksesvolle produksie van peulplante veral  wanneer lusernweidings besproei word. So byvoorbeeld groei klawer gewoonlik in relatief hoë reënvalgebiede, waar fosfor en landboukalk toepassings dikwels vereis word.

Kalium

Wanneer 'n weiveld bewei word, word sowat 90% van die Kalium (K) deur die vee wat wei se mis en urine in die grond herwin. Maar as weivelde gereeld gesny word vir hooi of kuilvoer, word die kalium uit die grond verwyder. 10 kg Kalium word verwyder vir elke ton oulandsgras (Eragrostics curvula) wat geoes word. Handhaaf die korrekte vlakke van kalium in die grond deur die jaarlikse toepassing daarvan.

Stikstof

Stikstof (N), is die sleutel tot die suksesvolle produksie van gras weiding. In enige bemestingsprogram moet daar 'n balans gevind word tussen stikstof en voedingstowwe soos fosfor en kalium en vlakke moet  gekorreleer word tussen die vog en die tipe weiding. Stikstof kan tot ses keer toegepas word en die frekwensie van toepassing sal afhang van die weiding spesies, produksie, lengte van groeiseisoen, weer en waar die trop slaap. Weiding wat in die somer groei gebruik stikstof meer doeltreffend vroeg in die groeiseisoen en dit kan dus voordelig wees om daarvolgens stikstof bo-op te strooi. 

Peulgewasse met goed ontwikkelde Rhizobium nodules (uitgroeisels op die plant waaruit die blare groei) vereis geen stikstof nie. Wanneer 'n nuutgestigte peulplantweiding egter geel word, kan dit beteken dat die Rhizobium bakterieë nog nie begin het om stikstof op te neem uit die lug nie en die plant kan ly as gevolg van 'n stikstoftekort. ʼn Bolaag van stikstof kan hierdie probleem oorkom.

Spoorelemente

ʼn Tekort aan spoorelemente, veral molibdeen (Mo, spoorelement), kan optimale produksie van peulplante inhibeer, maar kan maklik aangepas word. ʼn Grond toets en advies van 'n landbou-adviseur word aanbeveel. 

Neem asseblief kennis: Inligting is slegs vir opvoedkundige en inligting doeleindes en mag nie beskou word as bemesting advies nie. Vir meer inligting oor die voeding van jou grond en bemesting van weivelde kontak jou landbou tegnikus of verskaffer.

Translated by Wilma Koeppen