Besproeiing

Beskrywing

©Louise Brodie
Besproeiing is die mensgemaakte voorsiening van water aan grond vir die kweek van gewasse of enige ander plantegroei, deur middel van vore, kanale of pypleidings, waar die reënval nie voldoende is vir volhoubare groei en produksie van gewasse nie.
Soos die wêreldbevolking groei en alle natuurlike ekosisteme en bronne misbruik en onder geweldige druk geplaas word, is vars water vinnig besig om die heel belangrikste kommoditeit op aarde te word naas skoon lug. Daarom raak dit al belangriker dat beter en meer effektiewe metodes en sisteme ontwerp word om water te bespaar terwyl daar steeds voorsien word aan die behoeftes van immer-groter-wordende oeste op ‘n stuk grond.

Tipes Besproeiingstelsels

Die vyf hooftipes besproeiingstelsels word hieronder beskryf en geïllustreer.

Vloedbesproeiing

©Louise Brodie
Water word gelei na ‘n boord of land en toegelaat om die hele grondoppervlakte te bedek. Dis ‘n verouderde metode en is eeue lank gebruik. Dis vermors egter baie water en word uitgefaseer weens die waterskaarste. Dis ook nie ‘n baie akkurate metode nie en kan lei tot versuipte grond.

Sprinkelbesproeiing

©Louise Brodie
Water word deur ‘n pomp of gravitasie gedryf tot waar dit benut word en dan deur ‘n sproeikop forseer teen druk van minstens 35 PSI (pond per vierkante duim – eenheid waarteen waterdruk gemeet word) sodat ‘n sproeipatroon geskep word oor die area wat water benodig. Die algemeenste sproeiers is impaksproeiers wat draai weens die druk en impak van die water en momentum van die arm.

Spilpuntbesproeiing

©Louise Brodie
Dis ‘n geoutomatiseerde sprinkelbeproeiingstelsel wat aangedryf word deur elekrisiteit of deur die meganiese krag van die water wat ‘n outomatiese stelsel aandryf wat die wiele laat draai waaraan ‘n arm met ‘n pyp gekoppel is wat strek tot by die verste punt weg van die waterbron. Dit kan in ‘n volsirkel beweeg, of slegs die gedeelte van ‘n sirkel wat verlang word. Die sproeiers in die middel sal kleiner wees en minder water gee as die wat nader aan die punt is, met die grootste sproeiers wat die meeste water gee op die punt van die arm omdat die spilpunt hier die vinnigste beweeg en meer water dus op ‘n slag vrygestel moet word.

Mikro-drupbesproeiing

©Louise Brodie

Hierdie tipe besproeiing word beskou as die mees ekonomiese en effektiewe sisteem en word al meer gebruik soos water skaarser raak. Met drupbesproeiing is baie laer druk nodig - tussen 15 en 25 psi - om die water toe te dien.

Die water word gevoer deur druppers wat druppels direk op die grond laat val en toediening konsentreer op die wortelarea naby die stingel. In sommige gevalle word die drupperlyne ondergronds gelê sodat die water direk by die wortelarea toegedien word waardeur minder water verlore gaan deur verdamping en die groei van onkruid rondom die plant verminder word.

Vir drupbesproeiing moet water baie goed gefiltreer word omdat enige vuiligheid wat in die pype beland die klein gaatjies in die pype verstop. Dit is moeiliker om te monitor as al die druppers funksioneer.

Mikrosproeiers

©Louise Brodie
Besproeiing met behulp van mikrosproeiers is ‘n kruising tussen drupbesprooeiing en mikro-drupbesproeiing. Dit het sommige van die voordele en sommige van die nadele van elke tipe besproeiing. Soos drupbesproeiing word mikrosproeier-besproeiing ook as laedrukbesproeiing beskou omdat dit tipies moontlik is met druk tussen 15 en 25 psi.
Mikrosproeiers skep ‘n groter benatte area as drupbesproeiing wat dit baie geskik maak vir die besproeiing van bome, groot groentebeddings en areas waar die grond sanderig en poreus is. Verdamping is hoër en anders as drupbesproeiing, verhoog dit die voorkoms van onkruid rondom plante se stingels.

Translated by Elna Van Rhyn