Ander Varkrasse in Suid-Afrika

Die Kolbroek

©Jens-Birger Gielbelmann of Zenzele Farm
The Kolbroek is an indigenous South African breed that looks as if it is wearing spotted pants.
Die kolbroek is 'n inheemse Suid-Afrikaanse varkras. Verskeie teorieë bestaan ​​oor die oorsprong van die ras en vanwaar sy naam afkomstig is. Daar word vermoed dat die naam verwys na die gevlekte voorkoms van die vel - vandaar die naam ‘kolbroek’.
Die ras is ideaal vir buitelugproduksie en kan met baie min oorleef. Hulle is taai en snuffel graag rond om hul eie kos te soek. Volgens David Visser se boek, ‘Modern Pig Production’, sal die kolbroek vark byna enigiets eetbaar vreet; vrugte in 'n boord, groente-afval van die kombuis of oesreste uit die tuin. Weens hul donker velle is hul ook minder sensitief vir sonbrand as die wit-vel rasse.
Die sôe is mak en maak goeie moeders. Hulle is redelik produktief en produseer werpsels van tussen 6 tot 9 varkies. Kruisings met rasse soos die Duroc en Large White lewer ‘n nageslag met verbeterde groeikoerse, voeromskakeling asook beter vleis en karkasgehalte. Kolbroek vleis is nie in groot aanvraag in die kleinhandel nie as gevolg van die vleis se eienskappe en stigmatisering daarvan, maar daar is 'n effense groei in die vraag in tradisionele, ‘slow food’ en vryloop (‘free range’) markte.

Die Piètrain

©Liezel Grobler, SA Stud Book
The Piètrain are primarily crossed with other breeds to improve meat yield.
Hierdie medium-grootte wit ras met swart kolle is afkomstig uit die dorp Piètrain in België en is in 1997 na Suid-Afrika ingevoer. Dit het korter bene as die meeste rasse en is bonkig en redelik breed om die rug. Hul swart hare is nie so donker soos ander swart of swart gevlekte rasse nie.
Die Piètrain bere is goed gespierd en gereed vir teel teen omtrent agt maande oud. Hulle word hoofsaaklik met ander rasse gekruis om vleisopbrengs te verbeter. Die sôe is produktief, maar gewoonlik swak moeders.

Die Groot Swart

©Liezel Grobler
There are hardly any purebred Large Black pigs still available.
Die Groot Swart varkras is heeltemal swart met groot hangende ore wat ontstaan ​​het uit die Ou-Engelse ‘Hog’ vark wat in die 16de en 17de eeu geteel is. Dit is rondom 1910 na Suid-Afrika ingevoer en was die gewildste ras in die land totdat verbeterde wit rasse beskikbaar geword het. Dit is hoogs onwaarskynlik dat suiwer genetika van die Groot Swart nog in Suid-Afrika beskikbaar is.
Die ras is ideaal vir produksie in die buitelug, aangesien hulle taai en ontspanne is en graag hul eie kos soek. Hulle is ook minder sensitief vir sonbrand as die wit-vel rasse. Die sôe is mak en produktief en ook maak goeie moeders met uitsonderlike melkproduksie wat groot werpsels op eenvoudige rantsoene kan grootmaak. Oor die jare het die vleis ongewild geraak weens die ras se swart kleur en swart pigment, wat soos ronde swart saadjies in die vleis lyk. Dit is ook ongewild as spekvleis. Nismarkte vir die Groot Swart en hul kruisings bestaan wel, veral in tradisionele, ‘slow food’ en vryloop (‘free range’) markte.

Die Hampshire

©Joy Schoenberger
The Hampshire has lost favour because of it carrying a gene that negatively affects meat quality.
Die Hampshire is afkomstig van die ou Engelse rasse. Dit is 'n groot swart vark met 'n strook wit vel en hare oor die skouers en soms tot by die voorpote. Die nek van die Hampshire is langer as die meeste ander kommersiële varkrasse.
Die varkras is gedurende die 1980's vir die eerste keer na Suid-Afrika ingevoer om 'n nuwe ras vir kruising beskikbaar te stel. Terwyl dit nog op talle plase in die VSA gevind word, het die ras guns in Europa, Kanada en selfs Suid-Afrika verloor weens sy donker velkleur en ‘n geen wat ‘n negatiewe invloed op die vleiskwaliteit het.

Translated by Hazel Oliver