Africa's Birds
Afrika’s Voels

© Nigel J Dennis
African Hoopoe

Afrika het die grootste verskeidenheid voëlspesies in die wêreld. Daar is 3 hoofkategorieë voëls, naamlik saadeters, nektar-eters en roofvoëls.

Kleiner saadetende voëls het snawels of bekke om saad oop te breek en te eet en roofvoëls het skerp kloue en snawels om hul prooi te vang en verskeur.

Die Nasionale Krugerwildtuin is die tuiste van die meeste van Suid Afrika se roofvoëls. Aasvoëls kom gewoonlik in die sentrale grasveld voor, terwyl arende die bosveld langs die rivierlope, waar die prooi meer volop is, verkies.

Hoekom migreer voëls?

Die hoofrede vir migrasie is vir ’n beter voedselbron wat grotendeels in ’n warmer klimaat verkry word. Die beskikbaarheid van voedsel, meestal insekte, in voëls se land van herkoms is gedurende die wintermaande beperk aangesien die klimaat kouer word. Die behoefte aan energie vir die broeiseisoen dwing hulle om oor groot afstande na ander vastelande te migreer.

Hoekom is daar ’n verskil tussen die Afrikaanse en Engelse benaming vir ’n duif?

Eintlik is daar tegnies geen verskil tussen die Afrikaanse benaming duif en die Engelse benaming “pigeon/dove” nie, want hulle behoort aan dieselfde familie. Ons gebruik hulle verskil in grootte om tussen hulle te onderskei, met die Engelse benaming duif die kleiner van die twee.

Die Engelse benaming “pigeon” verwys na ’n subfamilie waarvan slegs groen papegaaiagtige duiwe eintlik die Engelse benaming “pigeon” kry. In Afrikaans kry enige duifagtige voël die benaming duif of duifie afhangende van die grootte bv. tortelduif, papegaaiduif, groenvlekduifie ens.

Hoekom pik ’n houtkapper aan ’n boom?

Houtkappers doen dit om wurms of enige ongewerweldes onder die bas te soek. Hulle maak ook so gate vir neste en kommunikeer met ander houtkappers deur hierdie gepik.

Is daar ’n verskil tussen ’n gans en ’n eend?

Die gans is eintlik ook ’n eend. Hulle is lede van dieselfde familie, net soos die swaan, maar is baie jare gelede so benoem vir gerieflikheidshalwe. Ganse is apart benoem omdat dit as iets tussen ’n eend en ’n swaan gesien is. Dit blyk dat die enigste verskil tussen die gedrag van ganse en eende hulle nes gewoontes is, met die gans wat in boomholtes broei.

Kan aasvoëls jag?

Alhoewel hulle fisies in staat is om dit te doen, is hulle kloue en tone nie so soepel soos dié van die ander roofvoëls nie. Aasvoëls is sosiale voëls wat met hulle groot getalle ander aasdiere en voëls kan oorheers en intimideer en dus nie altyd hoef te jag nie. Daar is ’n paar aasvoëlspesies wat in staat is om klein gewerwelde diere soos knaagdiere en selfs jong wildsbokke te vang.

Maak uile werklik hoe-hoe?

Nee, uile maak nie hoe-hoe nie, maar fluit, skree of kras. Hierdie geluide word gemaak wanneer ’n uil uitasem en is ’n middel van kommunikasie. Daar is bevind dat die geroep die meeste van die tyd plaasvind voordat die uil ’n nes bou of eiers lê.

Wat is die verskil tussen valke en arende?

Die valk is ’n spits-vlerkige voël wat in die lug jag. Hulle bou nie hul eie neste nie, maar gebruik eerder die neste van ander roofvoëls of het glad nie ’n nes nie. Die arend het ongeveerde bene met baie skubbe en ’n omkeerbare buitenste toon. Hulle bou hulle eie neste waar hulle kleintjies bly terwyl hulle na prooi soek.

Hoekom sweef roofvoëls?

Die meeste voëls sweef en dit word deur hitte aangehelp. Voëls hou hulle vlerk oppervlaktes teen die strome stygende warm lug vanaf die aarde om energie te bespaar en hulle in die lug te hou.

Die sirkelbeweging wat jy van die grond sien kom voor wanneer die voël probeer saam om met die strome te beweeg. Dit bied voëls ook ’n uitsig oor die vêrte, vandaar die indruk dat hulle skielik vanuit nêrens te voorskyn kom.